Tag Archives: Press Releases
Herwonne wynhout word ’n onderneming
“Kiewiet het organies gebeur. My gewilligheid en desperaatheid het geleidelik gehelp dat ek geleenthede aangegryp het wat na my kant toe gekom het.” Anthony Laubscher vertel aan Marchelle van Zyl hoe sy onderneming begin het.
Richard Branson het gesê: ‘If somebody offers you an amazing opportunity but you are not sure you can do it, say yes – then learn how to do it later.’
Anthony Laubscher se bynaam, Kiewiet, het die naam van sy onderneming geword. Laubscher gebruik ou wynvate en wyngevlekte akkerhout, herwin dit en maak meubels en snyborde van dié skaars hout.
Maar sy onderneming het wankelrig begin.
Laubscher kon ná agt jaar op universiteit nie ’n werk kry nie. Toe gaan verf hy maar huise vir twee jaar.
“Dit was terapeuties,” sê hy. “Maar in daai stadium was my sakebloudruk om arm te wees. “’n Mens moet jou mindset verander as jy wil begin geld maak. Ek was arm en ek wou arm wees. Ek het baie geleenthede van die hand gewys ná die teleurstelling ná universiteit.”
Toe gaan werk hy vir ’n vriendin waar sy sake gedoen het by die geskenke-onderneming Kamers. “Ek het nog nooit vroue só sien shop nie!” sê hy oorbluf.
Hy ontmoet toe die Kamers-bestuurspan en maak ’n grap: “Maar ’n mens sal mos enigiets aan hierdie vroue kan verkoop.” Die span daag hom toe uit: “Maar kóm!”
’n Mens moet jou mindset verander as jy wil begin geld maak. Ek was arm en ek wou arm wees. Ek het baie geleenthede van die hand gewys.
Source: Netwerk24
SARIE Entrepreneur
’n Entrepreneur is iemand wat nie wag vir geleenthede nie, maar ’n geleentheid skép. En in daardie sin is Anthony Laubscher, eienaar van Kiewiet, ’n ware entrepreneur.Toe hy nie werk kon kry nadat hy sy meestersgraad in genetika aan die Universiteit Stellenbosch voltooi het nie, het hy besluit om self werk te skep.“My pa, Kallie, was ’n skrynwerker en ek het altyd gekyk terwyl hy werk, en gehelp waar ek kan. Só het ek deur die jare geleer om self houtwerk te doen en toe besluit om daardie vaardighede te gebruik om ’n bietjie geld te maak.”
Source: SARIE
Kiewiet Reclaimed Oak Products made by members of the community
Kiewiet Reclaimed Oak Products are manufactured on a farm in Joostenberg Vlakte where handcrafted wooden products are produced from reclaimed oak wine barrels discarded by the Western Cape wine industry. These materials include wine barrel, and staves which are oak planks hung inside stainless steel wine tanks.
Source: The Newspaper