Herwonne wynhout word ’n onderneming
“Kiewiet het organies gebeur. My gewilligheid en desperaatheid het geleidelik gehelp dat ek geleenthede aangegryp het wat na my kant toe gekom het.” Anthony Laubscher vertel aan Marchelle van Zyl hoe sy onderneming begin het.
Richard Branson het gesê: ‘If somebody offers you an amazing opportunity but you are not sure you can do it, say yes – then learn how to do it later.’
Anthony Laubscher se bynaam, Kiewiet, het die naam van sy onderneming geword. Laubscher gebruik ou wynvate en wyngevlekte akkerhout, herwin dit en maak meubels en snyborde van dié skaars hout.
Maar sy onderneming het wankelrig begin.
Laubscher kon ná agt jaar op universiteit nie ’n werk kry nie. Toe gaan verf hy maar huise vir twee jaar.
“Dit was terapeuties,” sê hy. “Maar in daai stadium was my sakebloudruk om arm te wees. “’n Mens moet jou mindset verander as jy wil begin geld maak. Ek was arm en ek wou arm wees. Ek het baie geleenthede van die hand gewys ná die teleurstelling ná universiteit.”
Toe gaan werk hy vir ’n vriendin waar sy sake gedoen het by die geskenke-onderneming Kamers. “Ek het nog nooit vroue só sien shop nie!” sê hy oorbluf.
Hy ontmoet toe die Kamers-bestuurspan en maak ’n grap: “Maar ’n mens sal mos enigiets aan hierdie vroue kan verkoop.” Die span daag hom toe uit: “Maar kóm!”
’n Mens moet jou mindset verander as jy wil begin geld maak. Ek was arm en ek wou arm wees. Ek het baie geleenthede van die hand gewys.
Source: Netwerk24